Tuis

Is dit Reg Gesny?

Inteken vorm




Welkom by Die Ou Paaie!
Belangrike aankondiging! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Theo Helberg   
Dit is vir ons baie belangrik dat al die inligting wat op Ou Paaie verskyn, die hele waarheid en niks behalwe die waarheid is nie!  Ons is verheug om aan te kondig dat twee van die wêreld se vooraanstaande leeraars van Waarheid ingestem het om hulle studies gratis op Ou Paaie aan te bied!  Hulle is Rick Spurlock van Bereans Online wat induktiewe Bybelstudies aanbied en Tony Robinson van Restoration of Torah Ministries wat tematiese Bybelstudies aanbied.  Ons is tans besig om die materiaal in Afrikaans te vertaal en dit sal binnekort op  die werf beskikbaar wees. U kan gerus hulle onderskeie webwerwe besoek om solank kennis te maak met hulle leermetodes.
 
Wat gebruik jy as jou maatstaf? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Theo Helberg   

Wat GLO jy?

Glo jy in God? Glo jy in Jesus? Wat van die verskeie kerk leëringe, soos die doop byvoorbeeld? Wat van die Wet van Moses? Is dit nog geldig of het dit verval met die dood van Jesus? Jesus het jou vryheid gekoop, maar waarvan is jy nou vry? Wat van al die verskillende teenstrydige leëringe oor die eindtye? Wat is die waarheid? Maak dit hoegenaamd saak wat jy glo? Wat het jy as maatstaf gebruik om tot by jou geloofsoortuiging te kom? Het jy jou huis op die rotse of op die sand gebou?  Het die een wat jou geleer het die regte maatstaf gebruik? Is jy hoegenaamd seker dat die regte maatstaf gebruik was om die "sement " van die fondasie te meng? Hoe kan jy weet?

Lees meer...
 
God se heilige feestye vir 2009 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Theo Helberg   
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: "Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste - dit is MY feestye." Lev 23:1-2  (beklemtoning myne).

 
(Alle feestye begin die vorige aand na sonsoner tensy anders aangedui)

PASGA / PASE
8 April (NA sonsonder)

FEES VAN ONGESUURDE BROOD
7 Dae lank • 9 April - 16 April (9de en 16de is helige dae, die res gewone dae.  Die weeklikse sabbat is ook 'n heilige dag)

TEL VAN EERSTELINGSGERF
49 Dae lank • 10 April (na sonsopkoms) (nie 'n heilige dag) tot by Pinkster

PINKSTERFEES
29 Mei

TROMPETTEFEES
19 September

VERSOENINGSDAG
28 September - algehele vasdag

LOOFHUTTEFEES
7 Dae lank • 3 Oktober - 9 Oktober

DIE 8ste DAG FEES
10 Oktober
 
Banier

Meningspeiling

Die Wet van God is van toepassing op Christene
 

Wie is aanlyn?

Ons het 2 gaste aanlyn
Geldige XHTML en CSS.